Skoolreëls - School Rules

News Feed

School Comunicator




Follow the School Communicator for:

  • Circulars
  • Calender dates for the term
  • Homework
  • Test and Exams date

Download the School Communicator as follow:


The School Communicator helps parents to be informed anywhere, any time.


How to down load D6 School Communicator:


Step 1: Click on http://www/school-communicator.com/download.php

Step 2: Choose Laerskool Theresapark

Step 3: Choose Windows


GEREGISTREERDE KLEREDRAG

  • Leerders sal slegs toegelaat word om geregistreerde kleredrag skool toe en na amptelike skoolaktiwiteite en skoolfunksies te dra.
    Amptelike skooldrag is verkrygbaar by Overkruin Uitrusters, Rachel de Beerstr, Pretoria-Noord.Daar word ook ‘n klerewinkel by die skool bedryf.

    SKOOLDRAG VIR DOGTERS
    SOMER SKOOLDRAG

    1. Word gedra gedurende die eerste en vierde kwartaal.
    2. Blou skoolrok waarby die belt te alle tye gedra word.
    3. Blou skoolkouse en swart skoolskoene.
    4. ‘n Blou skooltrui of kortmou oortrektrui, ‘n sweetpakbaadjie word op koeler dae gedra. ‘n Donkerblou “Dri-Mac” met die skool se TP embleem mag op reënerige dae gedra word.
    5. Geen ander gekleurde truie, windjekkers, leerbaadjies of denimbaadjies word toegelaat nie.
    6. ’n Ski-pant kan onder die rok gedra word.Dit mag net ’n kort ski-pant wees wat nie uitsteek onder die rok nie.Dit mag slegs donkerblou wees.
    7. Alle klere moet duidelik gemerk wees met die leerder se naam en van.

    http://www.theresapark.co.za/sites/default/files/Somersdrag%20dogters.jpg
    WINTER SKOOLDRAG

    1. Word gedra gedurende die tweede en derde kwartaal.
    2. Blou Quantex skoolsweetpak met die skoolwapen aan die linkerkant.‘n Blou golfhemp word hierby gedra.
    3. Blou skoolkouse en swart skoolskoene word te alle tye by ‘n sweetpak gedra.
    4. Lang Vlootblou (Navy blue) broekiekouse mag deur dogters gedra word wat verkies om nie sweetpakbroeke te dra nie.
    5. ‘n Sweetpakbroek word nooit onder ‘n rok gedra nie.
    6. Slegs goedgekeurde skoolserpe, “Beanies” en handskoene word by wintersdrag gedra.
    7. ‘n Donkerblou Dri-mac baadjie met TP op linkerkant mag gedra word.
    8. Beanies mag nie in klaslokale gedra word nie.
    9. Alle klere moet duidelik gemerk wees met die leerder se naam en van.

    http://www.theresapark.co.za/sites/default/files/Wintersdrag%20dogters.jpg

    SKOOLDRAG VIR SEUNS
    SOMER SKOOLDRAG

    1. Word gedra gedurende die eerste en vierde kwartaal.
    2. Grys kortmou hemp of blou golfhemp en grys kort- of langbroek.
    3. Die hemp moet te alle tye in die broek ingesteek wees.
    4. Lang blou skoolkouse en swart toeryg skoolskoene.
    5. ‘n Blou skooltrui of kortmou oortrektrui, ‘n sweetpakbaadjie word op koeler dae gedra. ‘n Donkerblou Dri-Mac met die skool se TP embleem mag op reënerige dae gedra word.
    6. Geen gekleurde truie, windjekkers, leerbaadjies of denimbaadjies word toegelaat nie.
    7. Geen grys langbroeke mag gedurende die somermaande gedra word nie.
    8. Alle klere moet duidelik gemerk wees met die leerder se naam en van.

    http://www.theresapark.co.za/sites/default/files/Somersdrag%20seuns.jpg

    WINTER SKOOLDRAG

    1. Word gedra gedurende die tweede en derde kwartaal.
    2. Blou Quantex skoolsweetpak met die skoolwapen aan die linkerkant.
    3. ‘n Grys hemp of blou golfhemp word hierby gedra.
    4. Blou skoolkouse en swart toeryg skoolskoene word te alle tye by ‘n sweetpak gedra.
    5. Slegs goedgekeurde skoolserpe, “Beanies” en handskoene word by wintersdrag gedra.
    6. ‘n Donkerblou Dri-Mac met die skool se TP embleem mag gedra word.
    7. Grys langbroeke moet te alle tye met ‘n swart belt gedra word.
    8. Beanies mag nie in klaslokale gedra word nie.
    9. Alle klere moet duidelik gemerk wees met die leerder se naam en van.

    http://www.theresapark.co.za/sites/default/files/Wintersdrag%20seuns.jpghttp://www.theresapark.co.za/sites/default/files/Wintersdrag%20seuns%202.jpg
    Leerders wat nie by hierdie kleredrag reëls hou nie sal debietpunte ontvang.
    Leerders sal onder geen omstandighede toegelaat word om boodskappe gedurende skoolure op klere van ander leerders te skryf nie.

    SKOOLSKOENE

    1. Alle leerders, seuns en dogters, dra skoolskoene en blou skoolkouse in die winter.
    2. Seuns dra swart toeryg skoene skool toe. Geen skoene met gespes, “ slip-ons” of ander mode skoene sal toegelaat word nie.
    3. Geen seilskoene, drafskoene of sloffies, sandale of plakkies word by die skoolklere gedra nie.
    4. In die somer loop almal verkieslik kaalvoet.Andersins skoolskoene en kouse.
    5. Alle skoolskoene moet duidelik aan die binnekant van die skoen gemerk word met die leerder se naam en van.

    Leerders wat nie by hierdie kleredrag reëls hou nie, sal debietpunte ontvang.

    VRYDAGDRAG

    Seuns en dogters mag die kortbroek (beskikbaar by die skool se klerewinkel) op Vrydae dra, slegs wanneer hulle volgens puntestelsel toegelaat word.Die kortbroek word saam met die skool se ligteblou gholfhemp gedra en wit en/of blou tekkies en kort kouse.

    PROVINSIALE EN NASIONALE KLEURE

    1. Leerders wat Provinsiale of Nasionale kleure vir ‘n betrokkesportkode behaal het word toegelaat om op die laaste Vrydag van elke maand daardie sweetpak skooltoe te dra. Leerders wat aan anderjeugorganisasies behoort, soos die Junior Ere Veldwagters, Voortrekkers of Boy Scouts mag hul onderskeie uniforms skooltoe dra.
    2. Dieselfde reëls wat van toepassing is vir die dra van die amptelike Uniform en skooldrag sal ook by die skool geldig wees.
    3. Alle klere moet duidelik gemerk wees met die leerder se naam en van.


    SKOOL- EN ANDER SAKKE
    BOEKTASSE

    1. Alle skooltasse moet groot en stewig genoeg wees om al die boeke wat aan die leerders uitgedeel word te kan akkomodeer.
    2. Seilsakke of ander sakke, wat nie voldoende versterk is nie, is ontoelaatbaar.
    3. Geen tasse op wieletjies sal toegelaat word nie, tensy dit deur ‘n ortopediesechirurg voorgeskryf is.
    4. Daar mag onder geen omstandighede op die buitekant van die tasse ofsakke geskryf word nie.
    5. Sakke en tasse moet duidelik gemerk wees aan die binnekant van die tas met die leerder se van en naam, adres en telefoon nommer.
    6. Leerders wie se tasse nie voldoen aan die skoolreëls nie se handboeke en skrifte sal deur die skool ingeneem word vir veilige bewaring totdat bewys gelewer word dat die korrekte tas aangeskaf is.

    SPORTSAKKE

    1. Slegs donkerblou skoolsakke met die skoolwapen op die kant daarvan aangebring. Lede van sportspanne wat geborgde sakke het mag die sakke gebruik.

    Sakke moet duidelik gemerk word aan die binnekant van die sak met die
    leerder se naam en van, adress en telefoon nommer.

    OPVOEDKUNDIGE DAGBESOEKE

    1. Alle skoolreëls is van toepassing op sulke besoeke.
    2. Volledige somer- of winterdrag metkouse en skoene word gedra.
    3. Opvoeders in beheer van die besoek sal vooraf reël watter sakke leerders mag saamneem.

    PERSOONLIKE NETHEID

    HARE: SEUNS

    1. Netjiese,kort haarstyl. Hare behoort te alle tye skoon te wees.
    2. Geen stertjies, reguit gemaakte hare, “ Afro-styled”, “S krulle”, insetsels, “spikes” of ander mode of uitheemse haarstyle word toegelaat nie.
    3. Geen mousse, gel, fikseermiddels, was, haarsproei of gekleurde hare sal gedurende skoolure op hare toegelaat word nie.



    Leerders wat nie hierdie voorskrifte nakom nie, sal debietpunte ontvang.

    DOGTERS

    1. Kort hare moet netjies en skoon wees en nie in die oë hang nie.
    2. Lang hare, sodra dit aan die onderkant van die omgevoude kraag raak, moet vasgemaak, liefs gevleg, word.
    3. Slegs blou, geel, swart of bruin haarbandjies word gebruik om hare mee vas te maak.Geen kamme en haarspelde nie.
    4. Slegs ligblou en geel haarlinte, bypassend by die skoolklere, mag gedra word.
    5. Geen oordadige haarstukke of verlengings sal gedurende skoolure toegelaat word nie.
    6. Geen mousse, gel, fikseermiddels, was, haarsproei of gekleurde hare sal gedurende skoolureop hare toegelaat word nie.
    7. Geen stertjies, reguit gemaakte hare, “ Afro-styled”, “S krulle”, insetsels, “spikes” of ander mode of uitheemse haarstyle word toegelaat nie. Leerders wat nie hierdie voorskrifte nakom nie, sal debietpunte ontvang.

    JUWELIERSWARE: SEUNS

    1. Slegs polshorlosies en Medic-Alert skyfies.
    2. Horlosies moet tydens sportbyeenkomste liefs tuis gelaat word.
    3. Geen halskettings, armbande, ringe en oorringe nie.

    DOGTERS

    1. Slegs polshorlosies, Medic-Alert skyfies en seëlringe is toelaatbaar.
    2. Laat alle juwele tuis tydens sportbyeenkomste.
    3. Slegs twee oorbelle (een in elke oor) is toelaatbaar.
    4. Net knopies (studs) en ringetjies (sleepers) is aanvaarbaar.

    GRIMERING EN NAELS

    1. Geen grimering mag saam met skooldrag gebruik word nie.
    2. Naels mag nie oor die vingerpunte steek nie.
    3. Geen naellak op naels sal toegelaat word nie.

    Leerders wat nie hierdie voorskrifte nakom nie, sal debietpunte ontvang.

    BOEKE
    HANDBOEKE

    1. Alle handboeke moet aan die begin van elke jaar met plastiek oorgetrek word.
    2. Daar mag geen aantekeninge in die handboeke gemaak word nie.
    3. Alle handboeke moet aan die einde van die jaar ingehandig word.
    4. Alle verlore en erg vernielde handboeke moet vervang word.
    5. Leerders wie se tasse nie voldoen aan die skoolreëls nie se handboeke en skrifte sal deur die skool ingeneem word vir veilige bewaring totdat bewys gelewer word dat die korrekte tas aangeskaf is.

    SKRIFTE

    1. Leerders ontvang alle skrifte, tesame met die nodige voorblad en plastiekoortreksels van die skool aan die begin van die jaar.
    2. Alle skrifte moet oorgetrek word.
    3. Bladsye mag nie uit skrifte geskeur word nie.
    4. Ouers moet selfskrifte vervang wat verlore raak.

    DAGBOEKE

    1. Elke leerder ontvang ‘n gratis skooldagboek aan die begin van die jaar.
    2. Dagboeke moet elke dag saamgeneem word skool toe.
    3. Dagboeke wat verlore raak moet op eie koste vervang word.
    4. Ouers word vriendelik versoek om die eerste bladsy volledig in te vul.

    SKOOLTYE,OPENINGE,PREFEKTE ENS.

    SKOOLTYE

    1. Skool tye is dieselfde vir somer en winter.
    2. 07:12 tot 13:35 vir Graad 1 tot Graad 7.
    3. Geen leerder sal toegelaat word om na 13:35 op die terrein te wees sonder goedgekeurde volwasse toesig nie.
    4. Leerlinge sal nie toegelaat word om die terrein gedurende skoolure sonder skriftelike toestemming van hul ouers of voogde te verlaat nie. Verantwoordelike persone moet die leerders by die adminkantoor ontvang en uitteken in ‘n register voordat die leerder toegelaat sal word om die terrein te verlaat.
    5. Dokters- en ander afsprake moet liefs vir na skoolure geskeduleer word.In uitsonderlike gevalle moet ouers die leerlinge by die kantoor kom afhaal – dieselfde prosedure soos bo sal geld.
    6. Leerlinge moet minstens 1 uur by die skool wees om teenwoordig gemerk te word.
    7. Die skool sluit slegs aan die einde van elke kwartaal om 11:00.

    PREFEKTE, SKOLIERPATROLLIEKAPTEINE, -LEIERS EN -LEDE,
    MEDIAHELPERS EN LEESSENTRUMHELPERS.

    1. Hierdie leerders beklee leiersposisies.
    2. Daar word van alle leerlinge verwag om hulle gesag binne redelike perke te aanvaar.

    AANTREE

    1. Almal tree aan op die aantreeblad, voor skool en aan die einde van pouse, onder toesig van die prefekte.
    2. Alle leerlinge moet betyds wees op die aantreeblad.

    SIEK LEERLINGE

    1. Leerlinge wat siek is, moet by die sekretaresses gaan aanmeld.
    2. Die ouers sal dan in kennis gestel word en/of die leerlinge sal na die siekekamer geneem word.
    3. Leerders word nie toegelaat om self hul ouers te bel nie.
    4. Geen leerder mag uit sy eie na die siekekamer gaan sonder toestemming nie.

    GEBRUIK VAN FASILITEITE
    KLEEDKAMERS

    1. Kleedkamers is nie speelplek of eetplek nie.Laat asseblief alle eetgoed buite.
    2. Gebruik toiletpapier spaarsaam, en nie as sneespapier nie.
    3. Moenie vreemde voorwerpe in die toiletbakke gooi nie.
    4. Water moetspaarsaam gebruik word.
    5. Krane moettoegedraai word.

    MEDIASENTRUM

    1. Tye:                   Maandae 07:12tot14: 30

    Dinsdae tot Donderdae     07:12tot14: 30
    Vrydae 07: 00 tot13:20

    1. Stilte moet te alle tye gehandhaaf word.
    2. Uitleentydperk.Boeke mag vir ‘n tydperk van een week uitgeneem word.
    3. Geen kos/koeldrank word in die mediasentrum toegelaat nie.
    4. Fotokopieë mag in die Mediasentrum gemaak word voor, na skool en gedurende pouse. Koste R1.00 per kopie. Geen kopieë gedurende skoolure.


    SKOOLBUSSIES EN OPENBARE BUSSE

    1. Leerders moet te alle tye sit. Geen liggaamsdele mag by die bussies uithang nie. Dit is gevaarlik.
    2. Geen voete of knieë op die sitplekke nie – dit word vuil en verniel.
    3. Maak die bussies skoon na afloop van ‘n rit.
    4. Toerbusse – neem plastieksakke saam.
    5. Geen voorwerpe mag by die voertuie se vensters uitgegooi word nie.
    6. Geen op of aanmerkings mag teenoor enige verbyganger geskreeu word nie.

    SKOOLTERREIN NA SKOOLURE

    1. Geen leerder mag na skoolure (13:30) op die terrein wees nie.Leerlinge mag slegs na ure by die skoolkom oefen onder toesig van die verantwoordelike personeellid, of met toestemming, sy ouers, wat fisies saam met die leerling op die terrein is.
    2. Geen leerder van ander skole, hoër of laerskole, word toegelaat op die terrein na skool ure nie.
    3. Maak te alle tye van die hekke gebruik, moet asseblief nie oor die omheining klim nie.

    SNOEPWINKEL

    1. Die snoepwinkel word gedurende albei pouses en na skool vanaf 13:00 – 14: 00 bedryf.
    2. Geen leerlinge word binne die snoepwinkel toegelaat nie.
    3. Leerders tree ordelik in ‘n ry voor die snoepwinkel aan en wag hul beurt af.

    SPEELGROND

    1. Seuns en dogters speel apart op vasgestelde speelplekke aangewys volgens hul ouderdomme.
    2. Agt (8) opvoeders is daagliks op diens gedurende pouses. Alle klagtes en beserings moet dadelik by hierdie verantwoordelike personeellid aangemeld word.
    3. Rommelstrooi op die terrein is verbode. Leerders is verantwoordelik om die terrein rommelvry te hou. Daar sal van alle leerders verwag word om rommel op te tel gedurende pouse indien, hulle nie gehoor gee aan die reël nie.

    STOEPE EN GANGE

    1. Niemand mag op die stoepe hardloop nie, ten einde ongelukke en beserings uit te skakel.
    2. Geen leerling word tydens pouse op die stoepe, in die klaskamers of in die skoolsaaltoegelaat nie, behalwe wanneer onder toesig van ‘n opvoeder.

    ALGEMENE OPTREDE
    OPENBARE TELEFOON, EN SELLULêRE FONE

    1. Leerlinge mag van die openbare telefoon in die skoolsaal of by die adminkantoor gebruik maak voor of na skool en gedurende pouses.
    2. Leerlinge sal slegs toegelaat word om die telefoon in die kantoor inuiterste noodgevalle te gebruik.Normale Telkom oproeptariewe is betaalbaar.
    3. Leerders wat Selfone skool toe bring doen dit op hul eie verantwoordelikheid. Alle selfone moet afgeskakel wees tussen 07:12 en 13:30.
    4. Selfone wat gedurende skooltyd deur leerders gebruik word of aangeskakel is, sal deur die personeel gekonfiskeer word, verseël word en in die kluis toegesluit word. Die selfoon sal slegs aan die ouer terugbesorg word teen handtekening.

    FIETSE, SKAATSPLANKE EN ROLSKAATSE

    1. Alle fietse moet in die fietsloods gelaat word en toegesluit word.
    2. Geen fietsryery word binne die skoolterrein toegelaat nie. Hierdie reëling geld voor en na skoolure.
    3. Skaatsplanke en rolskaatse word nie op die skoolterrein toegelaat nie en sal gekonfiskeer word indien dit op die terrein gevind word.

    KOELDRANKE EN KOUGOM

    1. Slegs koeldranke in verseëlde kartonhouers, bv. Ceres, is toelaatbaar aangesien koeldranke in plastiese houers en blikkies lek en die boeke in tasse beskadig.
    2. Kougom mag nie by die snoepie of tydens entrepreneursdae verkoop word nie.
    3. Geen leerder mag kougom eet by die skool, in skoolklere of op die skoolterrein nie.

    SPEELGOED EN SPEELKAARTE

    1. Alle speelgoed moet tuis gelaat word. Speelgoed en speelkaarte sal gekonfiskeer word indien dit tydens lestyd gevind word.
    2. Gevaarlike speelgoed/voorwerpe soos ketties, messe, rewolwers, ens. sal gekonfiskeer word indien dit enigsins op die terrein aangetref word.
    3. Gevaarlike speletjies – speletjies waartydens ‘n leerling hom- /haarself of ander leerling mag beseer-mag nie op die terrein gespeel word nie. Speletjies met harde krieket- en gholfballe word ook nie toegelaat nie.

    VERLORE GOEDERE

    1. Alle persoonlike besittings moet duidelik gemerk wees.
    2. Alle verlore artikels, wat na 3 (drie) weke nog nie opgeëis is nie, sal by die klerebank ingehandig word om verkoop te word.

    Skoolreëls word in plek gestel om goeie orde in die skool daar te stel.
    Ouers word vriendelik versoek om hul kinders aan te moedig om hierdie reëls na te kom.

    Daar is aan elke oortreding ‘n spesifieke numeriese waarde toegeken. Elke keer wanneer ‘n leerder ‘n oortreding begaan, sal die punte van die leerder se oorspronklike kredietpunte afgetrek word.

    Die aantal krediet- sowel as debietpunte sal elke kwartaal op elke leerder se vorderingsverslag aangedui word. Wanneer ‘n leerder tagtig (80)van sy/haar oorspronklike kredietpunte verloor het, sal die betrokke leerder asook sy/haar ouers versoek word om voor die Dissiplinêre Komitee van die Beheerliggaam van die skool te verskyn.

    Alle leerders wat meer as veertig persent (40%) van hulle aanvanklike kredietpunte verbeur het, sal nie toegelaat word om enige opvoedkundige dagbesoeke mee te maak nie. Positiewe punte sal nie Negatiewe punte uitkanselleer nie.

    Graad 7 leerders, wat aan die einde van die skooljaar meer as veertig persent (40%) van hulle aanvanklike kredietpunte verbeur het, sal nie toegelaat word om die Graad 7 afskeidsfunksie by te woon nie.
    Graad 6 leerders, wat meer as veertigpersent (40%) van hulle aanvanklike kredietpunte verbeur het, sal nie toegelaat word om die leieridentifiseringskamp by te woon nie.

    Gelde wat reeds betaal is vir ‘n opvoedkundige besoek, leieridentifisering of Graad 7 afskeid sal verbeur word indien ‘n leerder nie die besoek mag meemaak nie as gevolg van dissiplinêre optrede. Slegs die toegangsfooi sal aan leerders terugbetaal word indien hule as gevolg van siekte nie ‘n besoek kan meemaaknie.